
Johannes (wat die skape trek) met sy boeretabak en spookstories.
|
7 en 8 Jan 2009
Nou’s ons in Karoopoort – die laaste stukke berge voor die vlaktes begin. Ons bly by die ou huis met die honderde jare oue vyelaning. Skiet onderhoude oor die vyebome en die kersieplaas op pad. Ry langs slaweklokke en murasies verby. Terug Tulbach toe vir ‘n onderhoud oor die aardbewing.
Die gans vreet Barrie se Tafelberg mielies terug tot op die grond. Sal hom ‘n ruk vat om oor dit te kom. En die gans moes hol om van die sweep af weg te bly.
Almal bel om vir eers totsiens te sê want die selfoonseine is nou weg. Ons praat met kreukelgesig Johannes oor skaap trek tussen die Ceres vallei en die Karoo en hoor van die spookstories van die vlakte. Die wa en perde wat in die middel van die nag rondry en nie spore los nie. En dan gaan jou hond 2 weke later dood. Oor die spokery.
Nou’s dit die Karoo in. En dis ysig koud. |